Plaaslike jaers presteer in Midvaal

 

Aksie by Midvaal Raceway op Saterdag 17 Februarie. Julian Fameliaris (nommer 22) en Jorge Estrela (nommer 37) het onderskeidelik eerste en tweede geëindig in die Bridgestone BMW Club Racing Series. Sakeman Marius Jackson van Megasurf en MegaFibre (nommer 80) het in ‘n kop-aan-kop tweedeplek geëndig in die Big Boss Auto Super Saloons en is die moontlikheid van ‘n wen ontneem deur Marius Jacobs, wat stadiger was maar wat Marius Jackson die heeltyd afgesper het om te verhoed dat hy verbygaan. Die plaaslike jong jaer Dawie Fourie (nommer 98), kleinseun van die bekende sakeman Dawie Fourie (sr.) het goed gevaar in die Big Boss Auto Super Saloons. Dit was sy eerste wedren in die nuwe motor. Brett Garland (nommer 4) was die algehele wenner in die Autobarn Superhatch-klas.

Foto’s: Louis Mac Pherson, Labnetics Photography

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top