Kiddies Paradise se Skoenboks projek suksesvol

Kiddies Paradise Vanderbijlpark het onderskeie plekke besoek die week voor kersfees. Ouers het gedurende die jaar bygedra vir hul skoenboks projek as deel van hul 'maak 'n verskil' projekte gedurende die jaar. Hier het hulle geskenke afgegee by Suid Afrikaanse Vroue Federasie wat omsien na mishandelde vroue en kinders. Op foto is Sonet du Plessis ,Misha Herbst en Lorinda Ungerer saam met Suzie van die organisasie.

Kiddies Paradise Kleuterskool in Vanderbijlpark het voor kersfees verskeie plekke besoek. Die skool se ouers het gedurende die jaar vir hul skoenboksprojek as deel van hul maak ‘n verskil-projekte bygedra. Hier gee hulle geskenke  af by die Suid Afrikaanse Vroue Federasie wat omsien na mishandelde vrouens en kinders. Op foto is: Sonet du Plessis, Misha Herbst en Lorinda Ungerer saam met Suzie van die organisasie.

Kiddies Paradise Kleuterskool gee geskenke by Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging af.

Hier is Sonet du Plessis en Lorinda Ungerer saam met Magda Flyn en Rentia Lombard van die kinderhuis.

Kiddies Paradise het baba produkte oorhandig aan Elouise van die Grace Factory. Hulle werk regoor die land en het ook ‘n tak in Vanderbijlpark. Hulle gebruik donasies van die publiek om kraam-pakke op te maak vir mammas met babaklere en babaprodukte wat dan by hospitale afgegee word. Ander welsyn organisasies kan hulle ook kontak indien hulle baba goedjies benodig vir minder bevoorregte mammas en kindertjies. Hulle is ‘n nie winsgewende organisasie.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top