Raak paraat saam met Alleengroep se lede

 

VEREENIGING. – “Ons alleenlopers is alleen verantwoordelik vir ons eie veiligheid en die beskerming van dit wat vir ons lief en dierbaar is. Dit is ‘n baie groot uitdaging. Om dit te kan doen, moet ons onsself emosioneel, fisiek, sielkundig en prakties voorberei en versterk.”

So sê Elsa du Toit, sameroeper van die Alleengroep in die Vaaldriehoek. Die lang lys misdade waarmee mense deesdae gekonfronteer word, soos kapings, ontvoering, mensehandel, gewapende roof, breek- en grypvoorvalle, klippe wat van brue afgegooi word, dwelms in drankies, haatspraak en veel meer, kom onder die loep by die groep se volgende vergadering, waar weerbaarheid bespreek gaan word.

Aangesien die onderwerp so relevant is, maak die Alleengroep dié keer ‘n uitsondering en nooi alle belangstellendes – dus nie net alleenlopers nie. Spesialiste op die terrein van persoonlike en -gemeenskapsweerbaarheid gaan hul kennis kom deel. Alle aspekte van beveiliging gaan bekyk word, van die kweek van ‘n bewustheid om paraat wees, tot die praktiese aspekte van hoe om ‘n wapen te kies.

Die byeenkoms word Sondag 25 Februarie om 14:00 by Drie Riviere Oos Metodiste Kerk in Kowiestraat 54 in Vereeniging gehou. Toegang is ‘n bordjie eetgoed.

Nadere besonderhede is beskikbaar by elsadtmaritz@gmail.com

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top