Vuisgeveg versprei soos veldbrand op sosiale media

Opvolg berig

VANDERBIJPARK. – Vuisgevegte tussen leerlinge gekom byna daagliks by skole voor.
Hierdie voorvalle word gewoonlik intern deur die skool hanteer met sekere prosedure wat deur die betrokke onderwysdepartement of die skool se beleid voorgeskryf word.
Ongelukkig word die nuwe tegnologie deesdae ingespan en kan enige leerling ‘n struweling tussen mede-leerlinge met hul selfoon se video opneem. Nie lank daarna word hierdie beeldmateriaal op Facebook geplaas en byna deur elkeen wat daarna kyk, met ‘n ander persoon geshare, sodat dit landwyd en selfs wêreldwyd gesien kan word. “Ek het dit opgeneem en dit gaan Facebook toe,” is woorde wat gereeld gehoor word. Dit laat egter baie nagevolge vir die persone op die video en selfs vir die persoon wat die video op die internet plaas. Die voorval by die Hoërskool Transvalia verlede week waar twee 15-jarige graad nege-leerlinge mekaar met die vuiste in Bizetsraat, suid van die skool getakel het, stel nie net die betrokke skool in die verleentheid nie, maar het ook groot en ernstige gevolge vir diegene wat by die voorval betrokke was. Die oorspronklike video is later van die betrokke leerling se Facebook-profiel verwyder, maar dit was reeds te laat. Die video het binne ‘n paar dae groot opslae in die plaaslike en selfs nasionale elektroniese media gemaak.
Omstanders word egter nie uitgesluit nie en dit is ‘n verstandige mens se eerste plig om tussenbeide te tree en so ‘n geveg te probeer ontlont. Tydens dié voorval het omstanders die twee seuns egter aangemoedig en baie kru en godslasterlike taal gebruik om die twee vegters aan te moedig.
* Mnr. Johann Venske, hoof van die skool, het na die voorval gesê die betrokke partye is reeds geïdentifiseer en aangekla. Dissiplinêre prosesse het ook reeds begin.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top