Boere-gasvryheid wag by Goeiehoek-kontreimark

Die Volkspele-groepe wat gereeld by die markdae optree, is groot trekpleisters vir oud en jonk. Foto: Wilma Posthumus

 
Die Goeiehoek-kontreimark skop die nuwe jaar af met die goeie nuus dat daar saam met elke mark ook ‘n bergfietsren gaan plaasvind. Die eerste markdag van 2018 vind plaas op 10 Februarie.

Die Nasionale Bloeddiens (SANBS) se mobiele bloedeenheid gaan vanjaar by elk van die markdae wees. Die Volkspelers, wat gereeld by die markdae optree, is ook altyd ‘n groot trekpleister.

Mev. Annatjie du Toit, organiseerder van die Goeiehoek-kontreimark, sê dit is opmerklik dat daar deesdae groter belangstelling vir Volkspele onder die jonger geslag is en dat heelwat jongmense reeds by die groep aangesluit het.

“Verlede jaar het ons mark ‘n wonderlike bloeitydperk beleef en die gehalte van ons uitstallings is iets om op trots te wees! Ons wil besoekers aanraai om lekker gemaklike stapskoene te dra. Ons uitstalarea is wyd en dit kos tyd en ver stap om elkeen van ons 100+ stalletjies te besigtig. Ons het ongelukkig nie kitsbankgeriewe nie maar sommige van ons uitstallers het wel kaartmasjiene,” sê Annatjie.

“Ons verwelkom steeds skenkings van Bybels en onbederfbare voedsel, sowel as bruikbare tweedehandse klere en huishoudelike artikels vir herverspreiding in ons area. Dankie weer eens aan elkeen wat in die verlede donasies gemaak het,”sê sy.

* Padaanwysings na die plaas Bosrand waar die boeremark op 10 Februarie plaasvind: Neem die R42 vanaf Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoekkruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op links ná die syaansluiting. GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0. Dit is teerpad tot by die plaasingang. Toegang is gratis. Skakel Annatjie by 083 541 9908 vir verdere inligting.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top