Tweejarige van Meyerton sterf tragies

Wyle klein Anet.

Skaars n paar uur na Willie en Nicole Maré saam met hul dogtertjie Anet en hul huishulp in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangekom het, vir wat veronderstel was om n heerlike familie vakansie te wees, het die tragedie homself afgespeel.
Die pragtige donkerkop dogtertjie het onverwags in die swembad geval by die vakansieverblyf wat die gesin bespreek het.

Sy is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Familie en vriende van klein Anet is in rou gedompel oor haar skielike dood en sy laat n groot leemte.
Anet se begrafnisdiens vind Saterdag by die Meyerton Katolieke Kerk om 11:00 plaas.
Anet was die Maré-egpaar se enigste kind en hulle het Sondag, ‘n dag voor die egpaar na Amanzimtoti vertrek het, haar tweede verjaarsdagpartytjie gehou. Sy het op 4 Januarie twee geword.
Vaalweekblad se innige simpatie en meegevoel aan die Maré-egpaar en hul familie en vriende.

 

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top