Ten minste 18 dood in trein ongeluk

Foto: (Alet van der Walt, Netwerk24)

NASIONALE NUUS

Ongeveer 18 mense is dood in ‘n treinongeluk vanoggend tussen Henneman en Kroonstad in die Vrystaat.

Die ongeluk het ongeveer 09:00 gebeur toe ‘n trokdrywer van Klerksdorp ‘n spooroorgang gekruis het voor die aankomende trein. Die trein het een van die sleepwaens getref en een van die waens van die Shosholaza Meyl passasierstrein het feitlik dadelik aan die brand geraak. Verskeie van die waens het op hul sy te lande gekom. “Gille en hulproepe van passasiers wat vasgekeer was het later stil geraak”, het een van die oorlewendes later aan nuusmedia vertel.

Nooddienste het op die toneel passasiers ontruim terwyl die brand geblus is.

Volgens inligting is sowat 100 beseer. Die trein was onderweg van Port Elizabeth na Johannesburg toe die ongeluk gebeur.

 

Fotos: Facebook/90.6FM

FOTO: (Mlungisi Louw, Netwerk24)

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top