Vaaldriehoekse motoriste, wees waaksaam!

Foto: Arrive Alive

 

Retha Fitchat

Arrive Alive rapporteer dat daar gister (30-12-2017) nog ‘n voorval was waar ‘n voertuig getref is deur ‘n klip en ander voorwerpe wat vanaf ‘n oorbrug na voertuie gegooi is.

Die voorval het plaasgevind op die N17, ‘n entjie na die tolhek in Johannesburg se rigting. Die bestuurder het weens die klip en houtpale wat op die voertuig gegooi is, beheer  daaroor verloor en die voertuig het gerol. Die bestuurder se sleutelbeen is gebreek en sy skouer is ontwrig. Die passasier het ook ‘n sleutelbeenbesering opgedoen.

Die polisie ondersoek die saak en versoek motoriste om op die uitkyk te wees vir misdadigers wat dié taktiek gebruik om mense te beseer of voertuie tot stilstand te dwing – vermoedelik met die oog daarop om motoriste te beroof. Meld enige verdagte voorvalle so gou as moontlik by die polisie aan.

* ‘n 16-jarige meisie en ‘n 7-jarige seun van Vereeniging, Aamina en Abdur Raheem Ebrahim Haffejee, het vroeër die week in ‘n soortgelyke voorval gesterf toe ‘n reuseklip naby Ballito in KZN vanaf ‘n voetgangerbrug op die N2-snelweg gegooi en hulle in hul voertuig getref is.

Die jongste voorval het gister (30-12-2017) by dié brug plaasgevind:

Volg dié skakel om na die video oor die voorval te kyk:

http://www.arrivealive.mobi/news.aspx?i=32256&s=1&page=Near-fatal-crash-in-another-criminal-incident-where-rocks-were-thrown-from-bridge-onto-vehicle

 

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top