Dink en Doen Damesklub kyk terug op ‘n vol jaar

 

 

In Januarie het die klub afgeskop met 55 lede. Judy Stander van “Help Lift” het die dames kom vertel van die werk wat hulle doen, en die brei van blokkies vir komberse word die damesklub se projek. Februarie het die klub die Valentynsoggend met wit en rooi versier met die pragtigste koek uit die pan van Elna Brink.

In Maart het die dames ‘n heerlike ontbyt by die Eike geniet met ‘n komiese voorlesing oor die koop van ‘n swembroek. Aprilmaand het pastoor Alta Very ‘n besielende praatjie oor die onderwerp “As die skoen jou pas” gelewer.

Die winterkoue is in Junie besweer met ‘n fliekoggend en lekker sop en sjerrie.

In Julie was daar ‘n stokperdjie-uitstalling met ‘n demonstrasie oor die gebruik van stensils deur Sofia van Bead Craft. Augustus het Colette Loots ‘n baie inspirerende praatjie kom deel oor haar lewe met Parkinson se siekte.

In September het die dames heerlik piekniek by Kainos kampterrien gehou, waartydens pragtige artikels uitgestal is. ‘n Gelukkige trekking is gehou en die lede kon ook lekker bingo speel en kuier. In Oktober kom leer Verni en Das van Pype die dames meer oor mosaiek, wat ‘n baie kreatiewe oggend opgelewer het.

In November het die dames hul jaarafsluiting op die boot van Stonehaven geniet, met Phillip Cilliers as gaskunstenaar.

Die bestuur van Dink en Doen Damesklub nooi alle vroue van Vanderbijlpark uit om by hulle aan te sluit, as lede of gaste. Vir lede is dit R170 per jaar en gaste R50 per besoek. Byeenkomste word elke tweede Dinsdag van elke maand om 10:00 by die NG Kerk Driehoek se saal gehou. Vir meer inligting kan Maggie Swanepoel by 082 375 2780 geskakel word.

Foto’s onder: (Weens die lae resolusie kan die foto’s ongelukkig nie groter geplaas word nie)

Dink en Doen Damesklub was vanjaar betrokke by die insameling van toiletware vir kinderhuise en Elsabé Louw, die maatskaplike werkster ,het dit in ontvangs geneem. Hier is Hannatjie Venter van Dink en Doen saam met Elsabé.

 

 

Onder die komberse wat vir Help Lift gebrei is, was dié een deur ‘n bejaarde dame wat ongelukkig oorlede is voordat sy die kombers kon voltooi. Magda McGeer het die kombers voltooi. Hier is Magda saam met Lida Evans.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top