Man slaan kleuter met vuis voor winkelsentrum

Illustrasiefoto

 

Lindie de Waal van Vanderbijlpark skryf:
Ongeveer 10:30 vandag (26-12-2017) in Langenhovenstraat voor die hardewarewinkel in Vanderbijlpark het ‘n jong blanke man met ligbruin (amper blonde) hare, uit ‘n ou model wit Golf uitgeklim, die agterdeur oopgemaak en ‘n dogtertjie met blonde hare (ek skat haar so 4 of 5 jaar oud) ‘n paar keer met die vuis bygedam. Ek het dadelik nadergegaan om te keer. Hy het my gesien en weggejaag. Die man is ongeveer 1.7m lank.
Daar was ‘n vrou met donkerbruin, miskien swart hare, langs hom in die voertuig. Ek wil dit graag plaas, as daar enige ooggetuies was of as die ma van die kind na vore kan kom. Ek is van plan om die videomateriaal by die hardewarewinkel te trek om die registrasienommer te kry en aan die Welsyn of SAPD deur te gee. Na die manier hoe hy sy vuiste op daai kind gebruik het, moet daardie kind sleg beseer wees. As enigiemand die insident sien gebeur het of enige inligting het, sal dit waardeer word. Ons moet regstappe hierteen doen en so ‘n persoon of albei ouers moet vervolg word.
* Ooggetuies of iemand wat meer oor die voorval weet, kan direk met Lindie de Waal op haar Facebook-profiel kontak maak.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top