Geloftefees by Suikerbosrand-feesterrein

 

Retha Fitchat

MIDVAAL. – Inwoners met ‘n liefde vir tradisie en die natuur word hartlik uitgenooi om more die jaarlikse Geloftefeesvieringe in die Suikerbosrand-feesterrein in die pragtige Heidelberg-omgewing by te woon.
Die gerestoureerde kanon op die terrein, wat sowat 50 hektaar groot is, sal vanjaar weer in aksie wees. Die verrigtinge begin more (Saterdag 16 Desember 2017) so omstreeks 09:30 – afhangende van hoe gou al die mense hulle plekke kan inneem.
Volgens Lemont Kriel, een van die organiseerders, word baie mense verwag. Hy raai alle belangstellendes aan om maar vroeg te kom om frustrasie te voorkom. Die program begin met die ou gerestoureerde kanon se knal, gevolg deur ‘n kort toespraak deur dr. Engelbrecht en ‘n preek deur dr. Kleynhans.
Soos gewoonlik gaan daar na die diens gratis gemmerbier en iets te koop wees om die honger te stil, waarna daar lekker saamgekuier gaan word. Braaigeriewe is ongelukkig baie min, maar die organiseerders gaan seker maak dat daar heerlike vars worsbroodjies en genoeg kerrie en rys voorberei word, wat besoekers kan koop.
Alle belangstellendes wat graag die Gelofte in stand wil hou, is baie welkom.

Skakel Lemont Kriel by 084 511 4759 vir meer besonderhede.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top