Lewensliggies geniet ‘n vroeë Kersfees

 
VANDERBIJLPARK. – Kersvader klim nie altyd deur ‘n skoorsteen om geskenke te kom aflewer nie. Soms kom hy sommer op die dak van ‘n vlot oor die Vaalrivier.

Dit is hoe Kersvader vroeër die maand die Liggies, oftewel die inwoners van Lewenslig, ‘n sentrum vir breingestremde volwassenes, op ‘n pragtige hoewe langs die Vaalrivier verras het.

Die Liggies kon heerlik op die groen grasperke baljaar en natuurlik ook ‘n rit op die vlot geniet. Sommige het selfs die kans benut om die vlot ‘n entjie te bestuur.

Dié jaarlikse pretdag is vanjaar weer deur ‘n plaaslike sakeman met ‘n goue hart, Johan Brits, en ander helpers en borge vir die Liggies moontlik gemaak.

Daar was eet- en drinkgoed in oorvloed en elkeen het natuurlik ook ‘n geskenk ontvang. Hier is ‘n fotobeeld van die dag se pret.

Fanie en Hikkie Blignaut, die hardwerkende egpaar wat aan die hoof van Lewenslig staan, bedank graag almal wat bygedra het tot dié onvergeetlike vroeë Kersfees vir Lewenslig se inwoners.

* Foto’s en inligting deur Marius Jordaan en Adri Heyns.

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top