CSF-projek vir pleegkinders

 
VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark Community Support Forum (CSF) is besig met ‘n fondsinsamelingsprojek om kinders wat in plaaslike pleeghuise woon, iets vir Kersfees te bied en die gesiggies te laat ophelder.

Die CSF, in samewerking met die Quizer Game Show-span, beplan ‘n onvergeetlike aand van lekker musiek en saamkuier.

Die Quizer-noteraai-musiekspel word op 11 November om 18:30 vir 19:00 by Laerskool Kollegepark gehou.

Pryse word gegee vir die beste “kreatiewe tafel”. Trek “funky en fun” aan en versier die tafel dieselfde tema as wat jy aantrek.

Enige donasies is welkom en kartondose sal by die deur voorsien word.

Donasies vir die Santa Shoe Box-projek vir kinders in pleeghuise in die Vaaldriehoekgebied is ook welkom.

Bespreek ‘n tafel vir jou, jou vriende en familie.

Die koste is R100 per kaartjie. Bring jou eie eet- en drinkgoed.
* Kaartjies sal beskikbaar wees by jou CSF-operateur of by Leana by 072 329 7263 of Buks by 082 777 8360.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top