Gavin skietdood – beskuldigde onder kruisondervraging

Wyle Gavin Victor

Victor is op 7 Mei voor Manhattans in Drie Riviere-Oos doodgeskiet nadat ‘n onderonsie vroeër die aand tussen Klopper en een van Victor se vriende ontstaan het.

Klopper het verlede week getuig dat hy een van sy vriende die betrokke aand by Manhattans sou ontmoet. Hy het sy vuurwapen by hom gehad, want hy het dit altyd by hom vir selfverdediging, en hy was nie bewus dat Manhattans ‘n kuierplek is nie.

Hy het verder gesê een van Victor se vriende het hom en sy vriend met die vuis geslaan toe hulle binne gekuier en gesels het. Hy het sy pa gebel om raad te vra oor wat hy moet, waarna sy pa hom aangeraai het om die polisie te bel en ‘n saak van aanranding te maak. Hy het, volgens sy selfoonrekord wat as ‘n bewysstuk ingehandig is, ‘n paar keer die polisie gebel, maar nie antwoord gekry nie. Hy het aangehou bel en toe hy uiteindelik deurkom, gevra hulle na die toneel moet kom. Hy het buite gewag toe hy sien Victor en sy vriend is op pad huis toe.

Intussen het Klopper se pa ook sy verskyning gemaak. Klopper het Victor se vriend probeer keer om in die voertuig te klim toe ‘n groot bakleiery ontstaan. Klopper sê hy is verskeie kere geslaan en die laaste keer het hy agteroor geval. Hy het sy vuurwapen uitgehaal met die hoop om die mense af te skrik wat hom storm, maar dit het nie gewerk nie. Hy sê die oorledene (Victor) het gebukkend oor hom gestaan toe hy begin skote afvuur.

Victor is drie keer  in die bors geskiet.

Pieter Louw, ‘n gekwalifiseerde oogkundige van Vanderbijlpark, by wie Klopper al jare ‘n pasiënt is, het aan die hof gesê dat Klopper bysiende is en byna nie sonder sy bril kan sien nie.

Klopper se regsverteenwoordiger voer aan dat Klopper tydens die skietvoorval nie kon sien wie hy geskiet het, of waar hy die persoon skiet nie, want sy bril het tydens die bakleiery van sy gesig afgeval.

Adv. Karen van Rensburg sal vandag met haar kruisondervraging voortgaan.

  • Lees die volledige berig in Woensdag se Vaalweekblad.
  AUTHOR
Carla du Plessis
Journalist/Photographer/Online content creator

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top