‘Ons werk is ons passie’ – Kleuterskool-eienaar

 

Dagsorg/kleuterskool-eienaar skryf:

Die SMS van die dame wat in ‘n vorige uitgawe van Vaalweekblad kla oor die salaris van kleuterskoolpersoneel, verwys.

Die personeel aanvaar die salarispakket as hulle vir hul onderhoud kom. Daar is baie ander mense wat nie eens soveel verdien nie. Jy is welkom om vir ‘n maand die eienaar van ‘n kleuterskool te wees met kinders wat kom en gaan en ouers wat nie altyd betaal nie. Daar moet elke maand onder meer kos, huur, water, krag en telefoon betaal word om die skool aan die gang te hou. Ons moet ook seker maak dat die personeel elke maand hul salaris ontvang. Na alles betaal is, is daar soms niks vir onsself oor nie, maar ons is dankbaar om die kinders te versorg en deel te wees van hul lewe. Dis ons passie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top