Stallions vol skop

VANDERBIJLPARK. – As jy smag na ‘n ou skool gimnasium om van jou frustrasies en ekstra rolletjies ontslae te raak, is Blue Stallions Boxing Fitness in Vanderbijlpark die antwoord.

Die klub is ‘n Organisasie Sonder Winsoogmerk (NGO) wat vir van beroepsboksers tot die gewome man op straat wat net wil fiks word voorsiening maak. Met meer as drie dekades se bokservaring is Assie van Aswegen, die stigter en hoof-afrigter van die klub,  meer as bekwaam. Hy word deur Manie Kriel bygestaan wat self ‘n ou hand is.

Vir die skoner geslag word daar ook gesorg.  Sonyorita Badenhorst is nie net ‘n mooi gesiggie nie, sy ‘n fiksheids-junkie wat die dames asook die Adamsgeslag ‘n ding of twee sal wys. Haar regterhand is Elmone Ackerman wie jy nie moet onderskat nie. Klein botteltjies, groot gif. Tussen die twee energieke jong dames sal jou tong op die grond sleep.

Dissipline, harde werk en toewyding is die hoekstene waarop Assie-hulle die klub bou. As jy van die reuk van sweet en deep heat hou, is hierdie die plek om te oefen.

Die Blue Stallions oefen weeksdae van 18:00 tot 20:00. Belangstellendes kan Assie by 082 562 2003 skakel.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top