V’niging lewer goue vertoning

VEREENIGING. – ‘n Sukses. Dit is hoe die Vereeniging Rugbyklub se veldtog in vanjaar se Gold Cup bestempel kan word. Hoewel die klub se eerste span nie die kwarteindronde van die reeks gehaal het nie, het hy in ‘n strawwe mededingende groep gewys dat hy in dié uitgelese geselskap hoort.

As nuwelinge in die reeks het Vereeniging homself teen die beste klubspanne in die land geweeg en is nie te lig gevind nie.  Die ervaring wat die spelers en afrigters opgedoen het, is van onskatbare waarde. Sukses kweek sukses en die blote feit om as die Valke-kampioen aan die kompetisie deel te geneem het, is ‘n groot eer en ‘n trekpleister vir voornemende spelers en borge. Voeg daarby die feit dat Vereeniging met die grootste junior klub in die streek  spog en die prentjie lyk baie meer rooskleurig.

Op die keper beskou het die klub meer antwoorde as vra uit reeks gekry. Die klub het onderstreep dat hy oor die diepte en talent beskik om teen die beste van bestes deel te neem, maar daar is ook leemtes in sy mondering uitgewys. Die spelers weet nou uit eie ervaring wat dit verg om op dié vlak mee te ding. Alles is ‘n tree vinniger en harder. Daar is geen wegkruip plek in die kompetisie nie.

Die spelers sal vroeër en harder moet begin oefen. Die klub se bestuur en ondersteuners het vanjaar weer gewys dat hulle ‘n milieu

skep en onderhou waarin ‘n klub en sy spelers kan floreer. Nou moet Vereeniging se rugbyfabriek nou net voortbou op die onderbou wat vir hom gelê is.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top