Polisie/Nigeriër-drama: Dié video maak opslae

'n Skermskoot uit die video

Die konfrontasie het ongeveer 11:00 vanoggend 10 Oktober gebeur toe polisie op die beweerde dwelmhuis in De Foreststraat 70 toegeslaan het. Volgens Nigeriërs op die toneel beweer hulle dat die betrokke polisiemanne omkoopgeld kom haal het. Volgens die oorledene se vriendin was daar drie Nigeriërs in die huis wat besig was om drank te drink. Volgens getuies het een van die polisiemanne ‘n sak oor die 30 jarige man, net bekend as Ebrahim getrek en traangas onder die sak ingespuit. Die man is later dood aangetref. Vriende en familie het sy lyk bo-op die patrollievoertuig van die betrokke polisiemanne neergesit. Humeure het opgevlam en dan het hulle die kombers afgeruk en die polisie getart en gevloek en na die lyk gewys en gesê dis wat julle aan ons doen.

Vir die volledige berig klik op die skakel: Chaos toe skote klap

 

Kyk video: News24

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top