Skote klap in Vanderbijlpark

Die polisie het toegeslaan op 'n beweerde dwelmhuis. Foto: Jannie du Plessis

Vaalweekblad se joernalis, Jannie du Plessis, is tans op die toneel en was byna in die slag toe die skote afgevuur word.

Sowat 50 Nigeriërs het intussen begin saamdrom en is in opstand teen die polisie.

Volgens inligting is een van die Nigeriërs dood, die oorsaak van sy dood is egter nog onbekend.

Een van die polisiebeamptes het waarskuwingsskote afgevuur, na een van die mans hom glo geklap het. Hy is daarna deur nog van die mans platgetrek en aangerand.

Meer inligting volg binnekort.

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top