Rowers steel R500 000 se parfuum by bekende winkelsentrum in Vaal

Die mans het vanoggend 05:45 met drie voertuie by die River Square-sentrum in Drie Riviere opgedaag.

Een van die kontrakwerknemers wat verbonde is aan die verbeteringswerk wat by die sentrum gedoen word het by die uitgang (uitgang 5 by Ackermans) aan die agterkant van die sentrum uitegaan en toe hy terug wil gaan het die mans hom oorrompel.

Hy en een van die sekuriteitsbeamptes is as gyselaars aangehou terwyl hulle twee sakke vol parfuum gesteel het.

Volgens kapt. Fikile Funda, woordvoerder vir die polisie, is die polisie se forensiese-span besig om die toneel vir leidrade en vingerafdrukke te fynkam.

Voor die rowers op vlug geslaan het, het hulle ook by Ackermans probeer inbreek, maar daar word vermoed hulle was gedruk vir tyd en kon egter nie daarin slaag nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.

 

  AUTHOR
Carla du Plessis
Journalist/Photographer/Online content creator

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top