Hartseer nuus uit die Potch-area

 

‘n Man, vermoedelik in sy laat twintigs, het laat vanmiddag (Maandag 9 Oktober) gesterf toe hy uit sy bakkie geslinger is nadat dit by die Schoemansdrifweg, sowat 15 km buite Potchefstroom, van die pad af geloop en gerol het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici van dié ambulansdiens, tesame met die provinsiale brandweerdienste met hul aankoms op die toneel gevind dat die bakkie sowat 100 meter van die pad af op sy dak gelê het. Die bestuurder van die bakkie het verskeie beserings opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Ongelukkig kon niks verder vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top