Matriekwedstryd: hier is die eerste inskrywings!

Matrieks, skryf gerus in vir ons wedstryd!

Matrikulante kan hul afskeidfoto’s tot middel November e-pos na rfichat@media24.com om in aanmerking te kom vir ‘n verskeidenheid pretpryse. Die foto kan van jou alleen, of saam met jou metgesel wees.

Foto’s moet as onverwerkte JPGs gestuur word en tik MATRIEKAFSKEID in die Subject line. Onthou om jou en jou maat (as hy op die foto is) se naam en van te verskaf, sowel as jou skool se naam.

Foto’s kan kop-en-skouers of vollengte wees – net soos jy wil.

Al die foto’s gaan voor die einde van die jaar in ‘n pragtige bêrebylae in Vaalweekblad verskyn.

Baie pryse, soos R3000 kontant, romantiese etes en toegang tot verskeie pret-aktiwiteite is op die spel. Moenie wag nie, stuur jou foto in sodra jou matriekafskeid plaasgevind het!

Hier is ‘n paar van die matrieks wat reeds ingeskryf het:

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top