Bewerings oor weiering na matriekafskeid oor skuld

Matriekafskeid 2017 FOTO: Jannie du Plessis
Matriekafskeid 2017 FOTO: Jannie du Plessis

Vaalweekblad verneem graag kommentaar van die publiek oor die bewerings waar is of nie.

Die brief word net so geplaas maar die skool se naam is verwyder om die publiek se kommentaar te evalueer en dan die skool te kontak vir hulle kant van die saak.

Anonieme oud *** skryf: Ek is nogal bekommerd oor Hoërskool ***. Hulle het onlangs hulle matrieks genooi na die matriekafskeid, dit is in die saal gedoen na afloop van ‘n eksamen. Leerders het uitnodigings ontvang maar ander het rooi briewe ontvang. Die wat rooi briewe ontvang het moes na die personeelkamer gaan. Die rooi briewe is aan leerders gegee wie se skoolfonds agterstallig is. Hierdie leerders mag glad nie die matriekafskeid bywoon nie. Ek is self ‘n ou leerder van *** en is nog altyd trots daarop maar ek is ook ‘n onderwyser en reël ons skool se matriekafskeid. By ons skool samel ons geld in sodat geen matriek leerder hoef te betaal om die matriekafskeid by te woon nie, ons sorg in moeilike finansieële omstandighede vir klere ens. Ek glo dit is ‘n voorreg om só ‘n spesiale aand by te woon. Elke leerder verdien om ‘n kans te kry. Finansiële probleme is nie ‘n kind se skuld nie. Van hierdie leerders wat nie mag gaan nie sluit top akademiese en sport presteerders in. Dan spog die skool met uitslae maar behandel hulle leerders só? Daarby nog die vernedering om dit blatant voor ander te doen. Kinders is broos en só ‘n ervaring sal hulle altyd onthou. Ek voel dat dit verkeerd is. *** was nóg altyd ‘n skool vir die kinders, waar elkeen wil wees.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top