V’niging staan voor kruispad

Die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan in aksie teen Sasol Secunda in hul Gold Cup kragmeting wat Saterdag in Vereeniging beslis is. Foto's: Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub bevind homself by ‘n kruispad. Sy Gold Cup droom hang aan ‘n draadjie en hy sal sy volgende twee wedstryde moet wen indien hy ‘n kans wil staan om tot die kwarteindronde van die gesogte kompetisie wil deurdring.

Sy eerste moet wen is Saterdag in Welkom teen Welkom en daarna kom hy op sy tuisveld teen die verdedigende kampioen, Rustenburg Impala te staan.

In Groep A is Sasol Secunda onoorwonne na drie wedstryde en spog met 15 punte gevolg deur Impala met 12 punte en Vereeniging met 6 punte na twee wedstryde.

Na Saterdag se nederlaag teen Sasol Secunda is ‘n paar sleutelpunte onderstreep. Eerstens Vereeniging mag maar skrum en beskik oor die skietgoed voorlangs om enige agttal te tem.

Tweedens as Wesizwe Security Vereeniging begin afrond, gaan hy ‘n paar spanne verras. Die vraag of Vereeniging in die Gold Cup hoort is die afgelope twee naweke beantwoord en die dit is ‘n besliste ja. Daar is werklik baie positiewes om op voort te bou. As die span sy verdediging om die vaste fasette opknap en sy besit in die kontaksituasie meer suinig begin beskerm, sal die drieĆ« volg.

In die ander groepe is die Rhinos, College Rovers en Swallows die pasaangeƫrs. Die volgende paar weke gaan opwindende rugby oplewer.

Gold Cup puntestand:

Groep A
Pos Teams P W D L PF PA PD TF TA PTS
1 Sasol Secunda 3 3 0 0 122 87 35 18 13 15
2 Rustenburg Impala 3 2 0 1 106 71 35 15 10 12
3 Vereeniging 2 1 0 1 82 82 0 12 11 6
4 Welkom 2 0 0 2 53 89 -36 8 13 2
5 Bloemfontein Police 2 0 0 2 42 76 -34 5 11 1
Groep B
Pos Teams P W D L PF PA PD TF TA PTS
1 Rhinos 3 3 0 0 106 76 30 13 9 14
2 QBR 2 2 0 0 92 44 48 14 6 10
3 Old Georgians 3 1 0 2 117 119 -2 12 17 7
4 Raiders 2 0 0 2 65 91 -26 9 9 3
5 Vaal Reefs 2 0 0 2 31 81 -50 4 11 1

Groep C

Pos Teams P W D L PF PA PD TF TA PTS
1 Swallows 3 2 0 1 84 85 -1 12 13 11
2 Progress George 2 2 0 0 52 47 5 8 7 9
3 Progress Uitenhage 3 1 0 2 79 106 -27 11 13 7
4 Tygerberg 2 1 0 1 69 44 25 8 8 6
5 Old Selbornians 2 0 0 2 49 51 -2 8 6 4

Groep D

Pos Teams P W D L PF PA PD TF TA PTS
1 College Rovers 2 2 0 0 78 34 44 11 5 10
2 False Bay 2 2 0 0 78 44 34 11 6 10
3 Sishen 2 1 0 1 54 61 -7 8 8 5
4 Roses United 3 1 0 2 79 99 -20 12 16 5
5 Western Suburbs 3 0 0 3 67 118 -51 10 17 3
  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top