Liggies skyn helder by Riverview Spar se insamelingsdag

 

Vaalweekbladspan
Die eienaars en personeellede van Riverview Spar het onlangs die prettige taak op hul skouers geneem om ‘n vrolike fondsinsamelingsfunksie vir die Lewenslig Sentrum vir breingestremde mense in Vanderbijlpark te hou.

Plaaslike sakelui, verskeie van Riverview se produkverskaffers en ‘n hele klompie vriende het saamgespan om dié geleentheid op 9 September opwindend en suksesvol te maak.

“Ons wil graag aan al die borge en donateurs baie dankie sê. Sonder elkeen van julle se oop hande en harte sou dit nie ‘n sukses kon wees nie,” sê mev. Laura Hattingh van Riverview Spar.

Die volgende tafelborge word bedank:

Delta Crane Hire, Du Plessis Sand, Gemini Electrical, Sampie & Tharia van Rooyen, Pro-Rig Trading, Short Term Trust, Chris Becker & Co, All-in-One Engineering, Dutton Motors, J H Tactical en Plaasklonkie Kleuterskool.

Ander borge en donateurs:

Biz Afrika, Vingro, Flower Centre, ABI, Harvestfresh, Flower Spot, Denny Mushrooms, Spar South Rand, Just Water, Thirsti, Just Ice, Vegeworth, Wynn-With, JA Eiers, Italian Cheese, Milkmans, Vaal Milling, Pridon, ARC, Bakels, J Kemp, Best Nuts, Lindt, Ferrero, Almans en Grannys Pies.“Ook ‘n groot dankie aan Amanda wat gehelp het met die reëlings en voorbereidings, Chantel en Nico, Anelda en Jacques, Stefan, Riverview Spar personeel, Ettienne van Rensburg van MooiVaal Media (Vaalweekblad en Ster) vir die foto’s en Zander wat gesorg het vir die aand se musiek.

“En laaste maar nie die minste nie, baie dankie aan die Liggies vir hul optrede. Dit was baie spesiaal,” sê die eienaars van Riverview Spar.

 

 

Foto’s onder:  ‘ n Klompie van die Lewensliggies hier in ‘n gemoedelike stemming tydens die fondsinsameling. (Fotografie: Ettienne van Rensburg)

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top