Wêreld se top-koor tree op in S’burg

 
SASOLBURG. – Die Stellenbosch Universiteitskoor (Matie-koor), wat bestaan uit 120 studente uit verskillende kulturele en akademiese agtergronde, tree op 2 Oktober om 19:00 in die Etienne Rousseau Teater op.

Die Matie-koor, wat sedert 2003 onder leiding van die dirigent André van der Merwe staan, is die oudste en mees gevierde koor in Suid-Afrika. Dit is tans die nommer een amateurkoor in die wêreld en het in 2014 tydens die Wêreld Koor-spele in Latvië ‘n asemrowende 99% in al drie hul kompetisiekategorieë behaal – die hoogste persentasie ooit in die geskiedenis van die wedstryd.

In 2016 het die koor wéér al hul kategorieë gewen tydens die Wêreld Koor-spele in Rusland, waar die koor 96% behaal het. Die Matie-koor is ook gekroon as die toeskouers- en algehele wenner in die eerste Varsity Sing! kompetisie.

Kaartjies vir 2 Oktober se optrede in Sasolburg kos R150 per persoon en kan by Computicket bespreek word.

* Wil jy graag ‘n kans staan om komplimentêre dubbelkaartjies vir die vertoning te wen? Sny dan die foto van die Matie-koor in dié week se Vaalweekblad uit, heg dit vas aan ‘n vel papier met jou naam en foonnommer op en dien dit voor Vrydag 29 September in by Vaalweekblad se kantore in Vanderbijlpark (eerste vloer, Ekspa-gebou, h/v DF Malan- en Attie Fouriestraat) of by Vaalweekblad se Vereeniging-kantore (Genl. Hertzogweg 97, Drie Riviere).

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top