Moet jou nie met ‘n slap riem laat vang nie!

Amper gevang van Vanderbijlpark skryf:

Asseblief, alle dames bo sestig, en ander dames, ek het nou die aakligste ondervinding gehad omdat ek almal vertrou. Daar is drie swart vroue wat jou oortuig jy kan ‘n pensioenkaart by Checkers kry vir afslag op aankope. Moet hulle nie glo nie, amper was ek my handsak en juwele kwyt by Checkers in die gat in Vanderbijlpark.

Wees bedag as iemand sommer met jou begin gesels en so onnosel soos wat ek is, om te glo hulle is vriendelik. Vermy praatjies met ‘n vreemdeling. Ek glo hulle het my dopgehou van my kar af.

Aan die personeel by Wimpy, hulle gebruik julle as rookskerm en een dame laat jou dink sy werk vir Checkers.

Checkers se personeel sê daar is nie pensioenkaarte nie. Personeel het my vergesel na my kar.

Ek was die tweede persoon wat hulle op dieselfde dag met ‘n slap riem probeer vang het. Wees asseblief op jul hoede.

As enigiemand verdere inligting wil bekom, kontak my by 083 236 1355. Ek dank die Here dat daar mense was wat my die oggend aan die Here opgedra het. Ek glo die Heilige Gees het my beskerm.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top