Redes waarom Metsimaholo nou weer moet stem

 
Jacques Barnard van Sasolburg skryf:

Ek merk dat baie van die politieke partye reeds borde oral in Metsimaholo op het en dat ek sommer “invites” kry op sosiale media om by ‘n kleiner party aan te sluit. Dit is ook dan so dat baie mense in die dorp baie ongelukkig is met die DA omdat dinge in die dorp volgens hulle nie baie verbeter het nie.

My persoonlike gevoel is dat ons baie mooi oor die hele situasie moet dink voordat ons die ander partye ondersteun. Hulle gaan in elk geval deel van ‘n koalisie moet wees wat hopelik deur die DA beheer sal word.

Dit is elke persoon se demokratiese reg om te stem vir die party van sy of haar keuse, maar laat my toe om net so bietjie feite te gee oor wat aan die gang is en waarom daar binnekort weer ‘n verkiesing gaan wees:

1. Die DA het in Sasolburg aan bewind gekom deur ‘n koalisie-ooreenkoms met die EFF, MCA en VF+, waarvan die burgemeester uit die MCA geledere gekom het.

2. Die ANC het toe die burgemeester en ander MCA lede omgekoop en op sy beurt het burgemeester al die DA-raadslede wat in die burgemeesterskomitee gedien het, ontslaan.

3. Met ander woorde die ANC het toe aan bewind gekom, en dit het veroorsaak dat die stadsraad ‘n “hung council” geword het. Dit beteken dat die ANC 21 stemme teenoor die 21 stemme van die koalisie gehad het.

4. Die Speaker het dus die beslissende stem gehad.

5. Dienslewering wat so getrou en vinnig deur die DA in die dorp aangemeld was, is deur die ANC geboikot om sodoende die DA in ‘n swak lig te stel.

6. Dit is waarom die dorp tans in so ‘n toestand is. Dit is allermins nie die DA se skuld nie.

7. IDP-vergaderings is gehou om die begroting van Metsimaholo saam te kon bepaal, maar die ANC het net voortgegaan en steeds gedoen soos hulle goed dink.

8. Die dag met die begrotingsrede waar die begroting goedgekeur moes word, is dit met 22 (21 + speaker) teen 21 stemme afgekeur deur die koalisie, want nie Sasolburg óf Zamdela óf die omliggende informele nedersettings sou daarby baat nie.

9. Indien die DA-koalisie die begroting goedgekeur het, het hulle die ANC vrye teuels gegee om vir ‘n verdere vier jaar aan te gaan soos tevore. Die DA-raadslede het hulle posisies in gevaar gestel om die munisipaliteit uit die hande van die ANC te red.

10. Dit het tot gevolg gehad dat die hele stadsraad ontbind moes word en ‘n administrateur aangestel is, met ‘n tydelike begroting.

11. Die DA-raadslede en dié van die koalisie het hulle werk prysgegee en nou sit baie van hulle sonder ‘n inkomste sodat daar weer ‘n kans gegee kan word om ons dorp uit die kloue van die korrupte ANC te kry. Ek haal my hoed af vir hierdie opregte mense wat net die beste vir ons almal wil hê.

Ter afsluiting vra ek as mede-Sasolburger: maak die regte besluit en kom ons staan saam. Al hoe ons gaan verhoed wat met die vorige verkiesing gebeur het, is om soos die ANC in massas saam te staan. Ek persoonlik glo vas dat die ANC baie seer gaan kry met die verkiesing.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top