Drie sterf, vyf beseer in Vaaldriehoek-botsing

Retha Fitchat
Drie mense het vanmiddag gesterf en nog vyf is beseer in ‘n
kop-teen-kop botsing op die R57 naby Sasolburg. Volgens
Annine Siddall, ‘n woordvoerder vir ER24, het paramedici
van dié nooddiens omstreeks 14:30 op die toneel aangekom
en vasgestel dat albei voertuie se vroulike bestuurders steeds in hul voertuie vasgeklem was. Ongelukkig kon niks meer vir
die twee vroue gedoen word nie en albei is op die toneel dood verklaar.

’n Jong vrou wat op die voorsitplek van een van die voertuie gesit het, het ook in die botsing gesterf.
Onder die vyf ander beseerdes was ‘n baba van 14 maande,
wat na Mediclinic Emfuleni in Vanderbijlpark vervoer is.
Twee kritiek-beseerde pasiënte is met die ER24 en die One
Plan mediese helikopters na hospitale vervoer vir
gespesialiseerde behandeling. Nog twee beseerdes is per
ambulanse na omliggende hospitale geneem.

  • Vaalweekblad se innige simpatie aan die families van die
    oorledenes, en ons wense vir spoedige herstel aan die
    beseerdes.

    ‘n Mediese helikopter styg op met een van die kritiek-beseerde pasiënte.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top