Sicelo-inwoners wag vir Mashatile, maar hy het ander planne

Maar dit lyk nie of Mashatile planne het om vinnig die inwoners te kom toespreek nie.

Die provinsiale regering van Gauteng het vandag ‘n persverklaring uitgereik oor die amptelike bekendstelling van die Daggafontein Mega Human Settlements-projek wat môre om 10:00 in Edelweiss, buite Springs, plaasvind.

Hy sal deur die minister vir menslike nedersetting, Lindiwe Sisulu, die premier van Gauteng, David Makhura en die Ekhuruleni burgemeester Mzwandile Masina vergesel word.

Die projek sluit sowat 16 940 huise in en sal na verwagting sowat 7 000 werksgeleenthede tydens die konstruksie daarvan skep.

Luidens ‘n persverklaring van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is inwoners van Sicelo ongelukkig omdat hulle nog geen terugvoering van Mashatile gekry het aangaande die belofte oor grond wat aan hulle gemaak is nie.

Daar is ook intussen bevestig dat buitelandse burgers aan die voortou van die protesaksie staan. Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vra dat die gemeenskap van Sicelo sal saamstaan teen die selfverkose gemeeskapsleiers wat nie die inwoners van Sicelo se belange en behoeftes op die hart dra nie.

Paul Mashatile

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top