Kop-aan-kop botsing eis twee

Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Die bestuurders van twee voertuie wat in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was vangoggend, 1 September, net na 06:30 is albei opslag dood.

Johan Delport (61) en LR Rampho (Generaal) (25) het beide hul lewens verloor. Die ongeluk het op die R716 net na die kruising van die R42 langs die New Vaal Colleries gebeur.

Generaal was in die blou Chef in die rigting van Deneysville oppad terwyl Johan vanaf sy woning in Deneysville oppad was na Econoflex in Vanderbijlpark waar hy werksaam is. Die pad was vir ‘n geruime tyd vir verkeer gesluit  aangesien beide oorledenes se liggame eers uit die voertuigwrakke gesny moes word.

Die liggame van die oorledenes is eers teen 09:00 verwyder.

 Die Sasolburg polisie ondersoek die voorval.

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top