Gewapende roof by Pick en Pay – (Video en fotos-Jannie du Plessis)

Een van die verdagtes wat deur die polisie aangekeer is, word hier in die voertuig gelaai. Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewapende roof het net na 06:00 vanoggend 31 Augustus by die Hendrik van Eck boulevard  Pick & Pay plaasgevind.

Personeel het net aan diens gekom en nog buite voor die deur gestaan toe hulle oorval is deur rowers en met vuurwapens aangehou is. Daar was ongeveer vyf rowers. Een van die personeel is lig beseer nadat hy geforseer was om die deur oop te sluit. Personeel is van persoonlike besittings soos selfone en een skootrekenaar beroof. Die rowers het artikels binne die Pick & pay ook geroof. Geskokte personeel is na die voorval na buite toe die polisie en sekuriteitspersoneel arriveer. Die rowers het met ‘n wit dubbelkajuit Ford Ranger gevlug. Volgens inligting was daar ‘n silwerkleurige voertuig ook betrokke. Een rower wat te voet gevlug het is deur die polisie ‘n ent daarvandaan vasgetrek.

Volgens ‘n man wat sy dogter by die werk afgelaai het, het hulle die dubbelkajuit voertuig opgemerk wat so half die ingang geblokkeer het. Hy het egter geen onraad vermoed nie.

Speurders en polisie is tans besig om verklarings te neem van die personeel wat betrokke was in die rooftog.

*LEES MEER IN VAALWEEKBLAD  6 SEPTEMBER 2017

 

Een van die verdagtes wat deur die polisie aangekeer is, word hier in die voertuig gelaai. Fotos: Jannie du Plessis

 

 

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top