Vaal Skougronde herleef weer glorie dae – (Video & Foto’s- Jannie du Plessis)

VEREENIGING. – Sedert Ultimate Raceway die ovaalbaan by die Vaal Skougronde op die dorp ‘n nuwe baadjie gegee het, herleef die hoof-arena weer sy glorie dae toe motor entoesieaste┬ána hartelus top gehalte vertonings kon bywoon.

Na die teervlak van die ovaal baan oorgedoen is deur die promotor van Ultimate Raceway, Izak Spies, het die byeenkomste baie gewild geword met motorsport entoesiaste van oral oor wat hier kom jaag. Op Vrouedag, 9 Augustus, was Ultimate Raceway die gasheer van die Classic Car Show 2017. Met spogmotors van wyd en suid was dit vir die besoekers ‘n watertand ervaring gebied om vele legendariese motors te kon besigtig. Van ou Mini’s, Anglia’s, Chevies, verterane en self radio beheerde karretjies het die besoekers getrakteer. Verskeie stalletjies het ook vir die nodige lafenis gesorg.

Die publiek word uitgenooi om Ultimate Raceway se Facebook blad te besoek vir meer inligting oor wedrenne wat op die baan aangebied word.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top