‘Sommige misbruik forum om ander te teister’

 

Besorgde inwoner van die Vaaldriehoek skryf:

Ek verstaan wat die Community Police Forum (CPF) is, (section 19(1) of the S.A.P. S. Act, Act 68 of 1995) en ek verstaan ook die gevoel dat if good men do nothing, it is evil enough. Maar hier is dubbele standaarde rondom dit ook, nes met die polisie self.

Die CPF-lede is siviele burgers nes die ander mense, ongeag burgerlike arres, wat die ander wat nie CPF is nie, ook kan toepas. Moenie vir my vertel jy moet gaan kla by die naaste polisiestasie oor ‘n CPF-lid wat jou teister nie! Daar word met die mond bely hoedat hierdie mense burgerlikes is, nes die ander, maar in praktyk tree party van hulle op soos bendelede en hulle teister jou asof hulle polisielede is.

Jy voel geïnhibeer om jouself teen hulle te verdedig, want jy weet die hof en polisie sal hul kant kies. ‘n Sekere voorsitter is al sedert laat 2014 besig met my en my mense.

Hy hou ons dop met CCTV-kameras en as van ons alleen tuis is en die ander uit die dorp, kom teister hy die persoon tuis!

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top