Hengelmeester Stef kan SA in Frankryk verteenwoordig

Stef de Bruto met 'n grote wat nie weggekom het nie.

 
Retha Fitchat
VEREENIGING. – Vir Stef de Bruto (43) gaan ‘n lank gekoesterde droom om Suid-Afrika in ‘n hengelkompetisie in Frankryk te kan verteenwoordig, waar word – mits hy betyds die nodige fondse bymekaar kan maak om te gaan deelneem.

Stef is in Maart vanjaar, nadat hy uitstekend in die SA Karp Meesters Hengelkampioenskap in die Roodekoppiesdam in Noordwes uitgeblink het, in die nasionale span (Team SA Masters), ingesluit. Dié span gaan van 25 Augustus tot 1 September aan die Wêreld Karp Meesterskompetisie in Lake Lac de Dur in Frankryk deelneem. Dit is die grootste wedstryd van sy soort in die wêreld en 150 spanne van verskillende lande gaan deelneem. Team SA Masters bestaan uit ses spanne van twee hengelaars elk.

Die koste vir twee weke se deelname is R75 000 per persoon.

Die SA-span kry geen bydrae van die staat nie en moet al hul koste self betaal of borge vind om hulle geldelik te ondersteun.

Stef was maar ‘n klein kannetjie toe hy reeds die hengelkuns by sy pa begin leer het. Sy vakansietye het hy gewoonlik saam met sy pa, Johan de Bruto, langs die Vaaldam en die Vaalrivier in die Vereeniging-omgewing deurgebring.

Sy pa, wat by Dorbyl gewerk het, is in 1967 gekies om Suid-Afrika in ‘n hengelkompetisie in Duitsland te gaan verteenwoordig, maar kon ongelukkig nie betyds genoeg geld bymekaarmaak om te gaan nie.

Nou wag ‘n soortgelyke uitdaging op Stef en hopelik gaan ‘n De Bruto hierdie keer ‘n geleentheid kry om sy land in Europa te verteenwoordig.

Alle hengelaars wat Stef wil help om dié droom te bewaarheid, of sakeondernemings wat hom of die span wil borg, is welkom om ‘n bydrae te maak.

Spanborge sal wye mediadekking kry en hul handelsmerke sal ook op die span se klere aangebring word.

Donasies vir Stef kan inbetaal word by Standard Bank (Access Account), tak: 463700, rekeningnaam: S. de Bruto, rekeningnommer: 027420418, verwysing: Die donateur se naam of besigheid se naam.

Meer besonderhede is beskikbaar op die webwerf: www.sacarpmasters.com of facebook.com/sacarpmasters of www.worldcarpmasters.com.

 

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top