Volgens ER24 het paramedici ongeveer 21:40 op drie mense afgekom waar hulle vasgekeer was in die Fiesta. Die ander passasier is buite die voertuig gevind.

Twee was reeds noodlottig beseer en die ander twee is ook dood verklaar ná mislukte pogings om hulle by te bring.

Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem

Nog drie mense is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe ’n Toyota Corolla in ’n boom vasgejaag het.

Volgens ER24 het die ongeluk op Khutsongweg in Carletonville plaasgevind, waar paramedici vier mans in hul twintigs buite die voertuig aangetref het.

Drie van die mans is op die toneel dood verklaar en ’n vierde is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.