Tragiese ongeluk eis jong man

VANDERBIJLPARK. – ‘n Tragiese ongeluk het die lewe van ‘n jong man geneem en sy vriend is in ‘n kritieke toestand na Johannesburg gevlieg vroeg vanoggend na 02:00 nadat hulle teen ‘n boom gebots het.

Volgens inligting het die twee jong mans Willem Pretorius en Aloys Egel, albei 21, saam met ‘n klomp vriende by Linger op die dorp gekuier waarna hulle besluit het om na die Atlantis kuierplek naby Stonehaven on Vaal te gaan. Een van hul vriende en sy vriendin is vooruit en het ‘n geruime tyd by Atlantis gewag en met hul terugkeer op die ongeluk afgekom.

Die ongeluk het net na middernag vanoggend Sondag 16 Julie gebeur nadat die bestuurder vanaf Piet Retief boulevard oor Frikkie Meyer boulevard gekruis het na Rosinni boulevard en beheer verloor het met sy rooi Daewoo motor. Hulle het teen ‘n boom gebots en Willem is opslag dood. Paramedies personeel van Netcare 911 het sowat ‘n uur geneem om Aloys te stabiliseer en brandweer het die voertuig oopgeknip om hom te bevry. Daarna het Netcare 911 se helikopter die pasient gelaai en na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg vir behandeling.

LEES VAALWEEKBLAD VAN 19 JULIE VIR MEER INLIGTING.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top