Meyerton skietery eis 27-jarige

Flippie Wessels van Bethlehem was die dag in Meyerton om na ‘n gebruikte voertuig te kyk. Hy het daarmee gespekuleer.

Netwerk24 berig dat Flippie en twee ander persone wat saam met hom gery het omstreeks 18:00 by die huis aangekom het waar hy na die motor sou kyk toe vier mans met wapens op hulle toegesak het.

Flippie is in die rug en skouer gewond en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Lungelo Dlamini, het die voorval in Boundaryweg by die Ophir Estates plaasgevind.

Die mans het op vlug geslaan sonder om iets te steel.

Geen verdagtes is sover in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

* Lees meer in Vaalweekblad van 19 Julie

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top