Dubbele moord! Wie weet meer?

VEREENIGING. – Vaalweekblad het verneem dat twee erg verbrande lyke gisteraand 13 Julie by Snake Valley gevind is. Niemand weet op die stadium of dit verband hou met die verdwyning van twee persone van Bethlehem wie se verlate motor by die treinstasie in Vereeniging gevind is nie. Volgens inligting word twee persone van Drie Riviere ook alreeds drie dae vermis. Of dit verband hou is op die stadium onbekend. Daar is ook onbevestig verneem van ‘n moord in Hendrystraat in Risiville. Enige iemand met meer inligting kan jannie.duplessis@media24.com kontak of op Vaalweekblad Facebook ‘n privaat boodskap laat.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top