64 Jarige kritiek na motorfietsongeluk (Video-Jannie du Plessis)

VANDERBIJLPARK. – ‘n 64 jarige man is in ‘n kritieke toestand deur ‘n Netcare 911 ambulans na die Sebokeng hospitaal geneem nadat hy op die draai voor die brug op die R57, rigting Sasolburg, vermoedelik beheer verloor het en op die punt van die padreling gebots het. Die motorfiets het sowat 30m verder tot stilstand gekom en die man het sowat 100m verder gelê. Paramediese personeel van ER24 en Netcare 911 het die man op die toneel gestabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top