Spelers maak “huis van gruwels” se kinders se lewe makliker

MEYERTON. – “Niemand wil ons help nie”, die woorde van die 10 jarige dogtertjie se pleidooi op ‘n bandopname dat sy en haar niggie herhaaldelik verkrag is, word tans die teendeel in meervoud bewys met hulp en bystand wat van die gemeenskap en op sosiale media instroom vir die sewe kinders wat betrokke was in die ‘helhuis’ op ‘n hoewe op Nelsonia buite Meyerton.

Die Meyerton Knights United Rugbyklub hou Saterdag 8 Julie om 15:30 ‘n insameling vir die kinders wat tans in veilige bewaring is by pleegouers. Die hoofwedstryd is tussen die Meyerton Knights teen die Balfour Buffels en begin om 16:00 by die Meyerton rugbyklub in Begonia weg, Meyerton. Die inisiatief van Leonie du Plessis is maar een van baie aanbiedings wat instroom vir die kinders. Sy het op haar beurt die voorsitter van die klub gekontak en baie vinnig is die geleentheid gereel vir die kinders. Vir enige kind is dit traumaties om uit sy bekende omgewing weggeruk te word en skielik moet aanpas by ander omstandighede tydens die drie maande wat hul by hul nuwe tuistes gaan deurbring terwyl die saak ondersoek word na die beweerde verkragtings en ander onheilghede wat in die huis aangegaan het.

Mense word gevra om die wedstryd in hul hordes by te woon en pers aan te trek asook pers balonne saam te bring wat later losgelaat gaan word. Die publiek wat bydraes wil lewer vir die kinders word gevra om nie-bederfbare voedsel saam te bring. Vrugte en lekkernye wat vir die kinders onbeskore was, sal baie ook waardeer word. Daar sal ook ‘n blik wees vir mense wat ‘n geldelik wil bydra.

Vyf van die sewe kinders is verlede Saterdag 1 Julie deur verskeie rolspelers saam met die blitspatrollie en ‘n kaptein en kolonel van die polisie na die huis laatnag om die kinders te beveilig. ‘n Verdagte is gearresteer maar weer die Maandag vrygelaat, dit terwyl hy egter erken het hy het die meisies verkrag en daar ‘n saak van verkragting oopgemaak is. Twee kinders, die dogtertjie wat die bandopname gemaak het is reeds verlede jaar beveilig en haar boetie is in sorg geplaas nadat die ma dood is.

Anneri du Plessis van Crossroads stap hier saam met een van die kinders wat Saterdagaand 1 Julie uit die helhuis in Nelsonia beveilig is. FOTO: Jannie du Plessis

Die Huis van gruwels in Nelsonia. Foto: Jannie du Plessis

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top