Dié week in die nuus

Retha Fitchat

* ‘n Beeldskone bruidfinalis is ernstig beseer in ‘n motorbotsing

 

* Virgin Active Gimnasium sluit tydelik na sakeman sterf

* Hartaanval eis ook ‘n energieke ma wat veral bekend was in Polisie- en hengelkringe

* Vaaldriehoekse motoriste wat na die Rand moes ry, beland in ‘n “oorlogsone” op roetes in die suide van Johannesburg toe betogers paaie blokkeer en brand stig.

*  ‘n Oud-inwoner van Parys sterf saam met sy vrou en seuntjie na ‘n rugbywedstryd

* Ses boere van Parys staan terreg weens die dood van twee mans, Samuel Jubeda en Simon Tjixa, in die omgewing. Al ses beskuldigdes ontken skuld.

* Studente en kollegas onthou dr. André Mellet, wat verlede week aan ‘n hartaanval beswyk het, met respek en deernis

* Groot dinge is op pad in Midvaal!

* Sasolburg en Vaalpark se inwoners is beswaard oor rook en rekeninge

* Inwoners van ‘n straat in Duncanville, Vereeniging pleit dat ‘n bouvallige huis platgeslaan moet word.

* A former VUT Dean is appointed to head the University of Technology in Bloemfontein

* Mittal’s trade conditions remain difficult in local market – quarterly report

* Is dit nog veilig om in die Vaalrivier te baljaar?

* Alle enkellopendes: Voel jy mistroostig omdat die koue jou bekruip? Indien wel, het die Vaaldriehoek se Alleengroep net die regte medisyne vir jou op 21 Mei! Heerlike geselskap, geurige braaivleis, vrolike samesyn…. Die kuierplek skuif nou na Gerhard MacCallum, Maccoastraat 12, Drie Riviere-Oos. Bevestig u bywoning by Elsa by 083 666 8341.

 

SPORT:

Die Isak-Steyl-stadion se hoofveld is Saterdag tydens die Virseker-rugbydag ondanks snerpende koue, aan die brand gespeel. Hoewel die o.14, o.15, en o.16-wedstryde weens ’n hewige donderstorm afgelas is, het die ligawedstryde vir die eerste spanne van die Hoërskole Phoenix, Drie Riviere, Overvaal, Sasolburg, Dr. Malan en Vereeniging Gimnasium ongesteurd om 11:00 voortgegaan. Lees meer hieroor in dié week se Vaalweekblad – nou te koop teen R5-40 by jou naaste winkel.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top