Verdagtes wat besighede in VDBP terroriseer agter tralies

Van die gesteelde goedere wat gekry is.

Volgens sersant Gertrude Makhale, woordvoerder vir die Vanderbijlpark SAPD, het hulle die afgelope naweek 18 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem.

Twee verdagtes wat verbind kan word in besigheidsrowe en inbrake in die SE en SW gebied is in hegtenis geneem. Volgens Makhale het die verdagtes besighede geterroriseer en het hulle nie geskroom om ‘n wapen uit te ruk en iemand te skiet nie.

Die polisie kon verder daarin slaag om sewe mense vir dronkbestuur en twee mense vir die besit van gesteelde goedere te arresteer.

‘n Onwettige sjebien ook gesluit.

Sy het die lede van die Vanderbijlpark SAPD geloof vir hul harde werk.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top