Onvergeetlike dag vir kankerlyer (7) (Foto’s en 3 Videos – Jannie du Plessis)

Damien Cloete (7), a brave cancer fighter. Photo: Jannie du Plessis

MEYERTON. – Om op sewejarige ouderdom teen kanker te veg, is bitterlik moeilik, maar Damien Cloete is die naweek deur plaaslike ondersteuners bederf met ‘n dag wat hy nooit sal vergeet nie.
Damien, wat in Edenvale woon, het saam met sy pa en sussie by ‘n vulstasie gestop toe hy lede van die Immortal Guardians-motorfietsklub (van Alberton) raakgesien het. Hy wou ook graag so ‘n valhelm hê en op een van die fietse klim, maar moes tevrede wees met ‘n beertjie. Die lede het net daar en dan besluit om dié geesdriftige kaalkopseuntjie wat ‘n litteken van 15cm het nadat hy ‘n operasie ondergaan het, te bederf. Raymond Swarts het Johan Miller, organiseerder by Midvaal Raceway gekontak en die nodige reëlings is getref om die klein mannetjie se lewe effens op te helder.
Damien, sy pa Roelof en sussie Sheny (8) is Vrydagmiddag, 5 Mei na die Midvaal-renbaan genooi. Plaaslike spoedren-entoesiaste, motorfietsryers en sakemanne het die drie behoorlik laat wind eet met ritte in vinnige motors soos Chev Lumina SS, ‘n Dodge bakkie wat so groot is soos twee motors, BMW’s, ‘n Mustang en ‘n Cobra.
Die Immortal Guardians-lede het ingestaan vir die motorfietsritte.
Ian Goslett en sy dogter Verona het vir nog ‘n hoogtepunt gesorg toe hulle Damien en Roelof met ‘n helikopterrit bederf het. Eben Kruger het daarna vir Damien touwys gemaak met ‘n radiobeheerde hommeltuig.
Damien het dit baie geniet en wou graag self ‘n hommeltuig van sy eie hê, waarna Jannie de Wit net daar aangebied om vir hom een te koop.
Die Immortal Guardians-lede het Sondag 7 Mei ‘n fondsinsameling by die Zone Pub & Grill in Boksburg gehou en volgens Ursela Botha die mooi bedrag van R56, 072.10 vir die gesin ingesamel.
Die groep uit die Vaal het sowat R39 500 vir hulle ingesamel. Noni Venturi, eienaar van Midvaal Raceway het die aand se hekgelde van R10 000 ook aan die gesin geskenk.
* Damien word in staatshospitale behandel en pa Roelof, wat deeltydse werkies doen, spook om die pot aan die kook te hou. Intussen is Damien se stryd nog nie verby nie. Sy chemo-behandeling het die maksimum vir sy ouderdom en gewig bereik en kon daar tot dusver net 30% van die gewas verwyder word. Die ander 70% is reeds geheg aan die breinstam en beweeg teen die rugmurg af.

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top