Plaasaanval nou moord

Illustrasie foto (Google.com)

VANDERBIJLPARK. – Die plaasaanval Woensdagaand 19 April het verander van ernstige aanranding en huisroof na moord.

Klein Harmse, (87) is vanmiddag Vrydag 19 April in die intensiewe eenheid oorlede. Klein is ongeveer 20:00 Woensdagaand op die plaas Modderfontein op die Parys Fochville pad (R500), aangeval en baie ernstig beseer. ‘n Onbekende aantal rowers het die plaas betree en hom in sy huis aangerand. Hy het ernstige snye en beserings opgedoen asook skedelbreuk nadat die inbrekers hom met ‘n hammer geslaan het.

Hy is  deur ER24 Paramediese personeel op die toneel behandel en na die Vereeniging Medi Clinic gehaas waarna hy gisteroggend Donderdag 20 April na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas is. Die polisie en forensiese deskundiges ondersoek nou ‘n moordklag.

Vaalweekblad personeel asook ons lesers betreur sulke dade en wens die familie en vriende sterke toe in hierdie tyd.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN WOENSDAG 26 APRIL

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top