Kyk wat is dié week in die nuus

Retha Fitchat
* ‘n 47-jarige mielieboer van Oranjeville, Robert Jacobs, sterf nadat hy in ‘n Vanderbijlparkse kroeg aangerand is.
* Inwoners sukkel nie net om hul vullis te laat wegry nie…. In CW2 moes inwoners ure bestee om die munisipaliteit, hospitale, ambulansdienste, die polisie en ander staatsinstansies te oorreed om die liggaam van ‘n man wat in ‘n park gesterf het, te kom wegneem!
* Het jy geweet die mooi nuwe Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Peters, is in Vereeniging gebore en het in Sasolburg grootgeword? Haar ma vertel dié week meer oor haar pragtige enigste kind.
* ‘n Insleepdiens moes verlede week André Enslin se voertuig uit ‘n slaggat-krater in Sasolburg lig en wegsleep. Die slaggat was omtrent 1.5 meter diep en 1.7 meter in deursneë.
* Die ambulansman Coenraad Bronkhorst maak goeie vordering nadat hy verlede maand op ‘n ongelukstoneel deur ‘n voertuig getref is.
* Gaan Emfuleni se vullisverwyderingsdiens voortaan net elke drie weke gelewer word? Inwoners maak beswaar teen die swak dienslewering sowel as die installering van Smart Meters in SE6.
* Besoek die Emerald Resort & Casino en vind uit hoe jy ‘n kans kan staan om ‘n splinternuwe Ford Ranger Double Cab te wen.
* Aandag alle hengelaars! Staan ‘n kans om R100 000 te wen in die jaarlikse Bloemhofdam Bonanza!
SPORT:
* Die 10-jarige atleet Marli Dimond laat ‘n rekord van 15 jaar val!
* Lede van die eerste rugbyspan van die Edenvale Panthers is Saterdag druipstert huis toe nadat die Vanderbijl-rugbyklub hulle met 33-19 klop.
* Bongani Sithole van Hoërskool Sasolburg hardloop ‘n goue medalje los by SA Skolebyeenkoms in Durban.
Lees dié en ander berigte in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad. Koop jou koerant vandag, en stel die Vaalweekbladspan sodoende in staat om voort te gaan om ons elektroniese publikasie daagliks gratis aan lesers te bied!

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top