Waterhulp uit Vaaldriehoek vir Calvinia

Andries Visagie, taksekretaris: AfriForum Vanderbijlpark skryf:

Vaaldriehoekers is bevoorreg omdat daar onlangs soveel reën geval het dat die Vaaldam weer vol is. Daar is Kaapse dorpe soos Calvinia en Williston wat steeds geen reën gekry het nie. Calvinia se water is op! AfriForum, Water Shortage South Africa en talle ander besorgde organisasies het ‘n projek geloods om te help. Tydens fase 1 van die Calvinia-waterprojek is sowat 400 000 liter water, 300 bale voer en 100 sakke aartappels afgelewer.

AfriForum Vanderbijlpark het reeds begin om water vir fase 2 van die projek in te samel en benodig waterskenkings. Water kan afgegee word by A-Sec sekuriteit in Piet Retiefboulevard 153 (SE1) en by VTEC Trailers in Michelinstraat 19A (NW7). Merk verseëlde drinkwater met die letters “DW” en waswater met die letters “TW”. Slegs skoon houers moet gebruik word, geen houers waarin daar chemiese produkte of suiwelprodukte was nie. Wil jou besigheid, instansie of skool betrokke raak? Stuur e-pos aan afriforumvdb@gmail.com of kontak Adriaan le Roux, 063 686 5234.

(Foto’s: AfriForum hoofkantoor)

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top