…"/>

Swak diens by hospitale

Boitemelo Hospital Foto: Karpha.co.za

BRIEF

Maud Butler skryf: Ek wil graag hierdie met jou deel. My dogter was op geneem in Sasolburg hospitaal waar sy gediagnoseer is met n life threathening desease PREECLAMPSIA. Sy is oorgeplaas na Kroonstad Boitemulo hospitaal want sy was 7 maande swanger, Dr het gese hulle is die enigste hospitaal wat haar kan help, met haar aankoms daar het hulle reeds geweet hoekom sy daar is, maar die Dr’s daar wou eers toetse doen, my kind is gebroke.

Vrydag 10 Maart is sy meegedeel dat hulle baba gaan verwyder want hy kry swaar,, so het hulle haar die nodige papier werk laat teken, sy het ons verwittig sy is oppad teater toe. 5 min later laat weet sy Dr het gekanselleer waarop hulle haar weereens vals hoop gegee het “WE WORKING ON IMPROVEMENT” daar was geen improvement nie al die sgt scans het gewys baba se hartkloppie is nie reg nie. So is sy die hele naweek gelos die 1 sonar na die volgende, en sgt scan na die ander almal die selle gebly. My kind was bekommerd toe sy begin vrae vra het die dr vir haar gese sy vra te veel vrae en moet stil bly. Sondag more 12 Maart het dr sonar gedoen en baba se hart het verswak, hoekom hom toe nie verwyder nie. Weereens niksm sgt scan m sonar.

Die middag om 4 uur het sy my gekontak en my meegedeel baba is oorlede hartklop nie meer, hulle haar n pil ingesit waarop sy normaal moes geboorte gee. Nie een van die personeellede daar was naby haar nie. Ons is uitgejaag en moes wag tot bevalling verby is, maandag oggend het die suster vir haar gese DONT PUSH YOU GOING TO KILL YOUR BABY, geen menslikheid want hulle almal het geweet baba is reeds oorlede, omstreeks 7:28 is baba “STILL BORN” gebore, niemand haar gehelp nie. Hulle eenkant gestaan en vir haar gelag. Swak noem ek dit,, sy is na n ander saal ngeneem waar hulle haar ontslaan hetm ons het gevra vir ‘n rolstoel want sy is op krukke en baie bloed verloor,,, suster het gese WE DONT HAVE ons het begin stap en my kind het duiselig geword en geval. Toe kon hulle ‘n rolstoel gaan haal. Dis onaanvaarbaar dat ons sulke rassistiese behandeling daar ontvang het.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top