Paramedikus beseer in tweede botsing op ongelukstoneel

Foto: Rudy Francis/Chris Smuts

Retha Fitchat

‘n Paramedikus van ER24, Coenraad Bronkhorst, is ‘n paar minute gelede beseer toe ‘n voertuig op ‘n ongelukstoneel in die ambulans vasgery het. Paramedikus Bronkhorst was in die ambulans besig toe ‘n voertuig teen die agterkant vasgery het. Dit is nog nie seker hoe ernstig Coenraad beseer is nie, maar dit klink asof van sy ribbebene gebreek is. Dink asseblief aan hom in jul gebede!

Die dubbele ongeluk het op die R553 agter ArcelorMittal plaasgevind.

Motoriste word versoek om versigtig te ry op dié gevaarlike stuk pad en by die spoedgrens te hou.

Foto’s: Rudy Francis & Chris Smuts

LEES MEER OOR ONGELUK IN VAALWEEKBLAD 22 MAART

 

 

 

 

 

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top