Ses beseer in ongeluk

Die beseerdes is op die toneel deur paramedici behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.
Vaalweekblad het in die verlede reeds herhaaldelik geskryf oor dié gevaarlike kruising, wat daagliks deur duisende studente op pad na die NWU Vaal en skoolkinders onderweg na die Laerskool Emfulenipark, gebruik word.
Weens die aard van die lang boulevard met verskeie aansluitingsroetes, besef motoriste nie altyd dat die kruising by Firstraat ‘n vierrigtingstop is nie.
Motoriste ry gereeld bedags oor die kruising sonder om te stop, maar dit is veral saans wanneer beligting swak is, dat hulle die stoptekens nie betyds raaksien nie. Vaalweekblad het die kruising Vrydagaand tussen 18:00 en 19:00 gemonitor en in dié uur alleen, vier voertuie waargeneem wat teen ‘n relatief hoë spoed deur die kruising gery het sonder om te stop.
‘n Beroep word op die verkeersowerheid en paaieafdeling gedoen om dringend spoedwalle en meer opvallende verkeerstekens en beligting by die kruising aan te bring.
  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top